Ek bars oor opgewondheid oor die nuwe werkswinkels wat beplan is vir Februarie en ek moes dit net met julle deel. Ons duik in met die pragtige tema van liefde en ek het elke sessie so gemaak dat ons die verskillende aspekte van liefde kan explore. Liefde vir self, liefde vir ander en selfs liefde wat gesond maak wat kom met vergifnis.

Hoekom Liefde?

Februarie is die maand vir liefde, danksy Valentynsdag, maar kom ons wees eerlik, liefde is iets wat ons moet celebrate en moet voed dwars deur die jaar. Die werkswinkels help ons om ‘n bietjie spoed te verloor en asem te haal, ons kry die kans om kreatief te wees en dit help ons met ons gevoelens connect met wat ons verhoudings vorm met onsself en ander. En die beste part is , Ons doen dit deur kreatief te wees, met ‘n bietjie rond swem in ons gevoelens en ‘n LOT OF FAITH!

Kuier gerus op Instagram by Cultivatingyourcalm om die werkswinkel besonderhede te sien. En weet jy is so geliefd deur ons Vader!

Enige navrae oor die werkswinkels kan ook gestuur word na

lauren@cultingvatingyourcalm.com

082 611 4845

of Via die webtuiste.

Kan nie wag om van julle te hoor nie!